exhibitions
CD catalogue
The FLESH! CD catalogue is now available. The CD includes a movie, information about all selected artists and also all press articles.
venue & dates
Die Oog Art Gallery
Oudtshoorn, Klein Karoo
South Africa.
31st March - 8 April 2007
contact
some of the artworks
> Mimmo Paladino (Italy), "Carnival I", Drypoint
> Angus Taylor (RSA), bronze man
> Bob Knoops (RSA), "Scull", Photography (hand-painted emulsion)
> Grace Da Costa (RSA), "Queen of Spleen" Oil on canvas
> Nicholas Hales (RSA), "Heart", Glass sculpture
> Adele Oldfield (RSA), "Comforter", Mixed media
> Anni Snyman and katty vandenberghe (RSA), "Deep Water", multi-media installation
> Elise Wessels (RSA), "Untitled iii", mixed media
> Hannelie Taute (RSA) " Wound", Mixed media
> Peter Mayer (Germany), Colour Etching
Review
Volwassene Geen o.18 (SNG)
Chris Diedericks, kurator van dié opdraguitstalling, sien Flesh! as 'n vlymskerp en uitdagende alternatief tot die menige vervelige erotiese uitstallings wat in die verlede in Suid-Afrika aangebied is. Erotiese kuns en die uitdrukking daarvan is so oud soos die mens, en die blote verbeelding van seks en naaktheid maak nie 'n kunswerk kontemporêr nie.
Diedericks maak dit duidelik dat hy nie op soek is na liriese naakportrette of pornografie nie. Hy wil werke met 'n dieper betekenis en minder letterlike inhoud aan die publiek bied. Die fokus val op seksualiteit en seksuele identiteit en kunstenaars se uitbeelding daarvan. Dié uitstalling bring uiteenlopende werke, sommige spesifiek geskep vir Flesh!, van ons voorste kunstenaars byeen en sal ook internasionale werk, onder andere van die Duitse kunstenaar Peter Mayer insluit. 'n Groot verskeidenheid kunsvorme, van skilderkuns tot beeldhou en installasiekuns, is verteenwoordig. Die doel van dié uitstalling is ook om debat te ontlok en kykers betrokke genoeg te kry om aan die debatte deel te neem. In sy eie woorde: "Die algemene publiek is na my mening nog baie oningelig oor seksualitiet en veral seksuele- en geslagsidentiteit. Ek wil hê dat die kyker moet dink, debatteer, verstaan, en nie net geskok, in afsku en gedisoriënteerd by Flesh! wegstap nie".
Chris Diedericks het in 2006 die Kanna-pryse vir Visuele Kuns ontvang.
Die Oog

|